Tuesday, March 30, 2010

Mammas is asemrowend

'Home is what catches you when you fall'

Val ons almal nie maar van tyd tot tyd nie.

Hierdie is vir die duisende mammas wat self honger het, maar eerder vir hul kindjie die laaste bietjie kos gee, vir elke mamma wat reageer op" mamma kan ek asb sweetie kry" in die winkel, vir die mamma wat deurnag, langs haar kind se bedjie waak as kleinding se koors bietjie op is, vir die duisende mammas wat met elke kontraksie skree nooit weer ,en dan na die geboorte dink dis erg maar dis elke oomblik werd , vir alle mammas met seer tepels ,wat tog deurdruk en later dink waaroor het ek gekla, vir mamas wat se keiserwonde, bitter seer was en steeds geglimlag het, vir mammas wat se wonde septies geword het, vir mammas wat se watergeboorte een vervulling was, vir mammas wat se geboorte nie volgens plan verloop het nie, vir mammas wat nagte en dae moes worstel met hul baba in neonatale intensiewe saal, vir mammas langs `n oop graffie, vir mamas wat hul babas moes afgee aan ander mammas, vir mammas wat nie geboortekinders het nie maar wel hartskinders, vir mammas wat die pad van mamma wees moes alleen loop, vir mammas wat hul droom om normale baba te kry moes opgee,vir mammas wat deur die, moet ek terug gaan werk toe, vir mammas wat moes besluit wil ek terug gaan vir mammas wat nie keuse gehad het nie ,vir mammas wat hul babas by dagmoeders, kleuterskole moes aflaai, vir mammas wat nie weer kon swanger raak nie, vr mammas wat te vinnig weer swanger geraak het!!!!!

Wat maak `n goeie mamma , is dit die mamma wat die pleister plak, die klere was, die vermanende mamma , die skreeumamma, die huil mamma, die speel mamma ,die versorgende mamma, die werkende mamma, die taxi mamma, die lag mamma ,die juffrou mamma of die liefie mamma, of is dit die mamma wat al die rolle in een vervolmaak het naamlik die omgee mamma

Mammas hou op met skuldgevoelens, hou op om jou kinderen te vergelyk , hou op om jou kinderen te druk om te presteer, en wees tevrede en geniet elke faset van Mamma wees want jy is die heel beste mamma wat jou kinderen kan droom om te he .

Mamma gee jouself klop op die boud , soen jouself in die spieel en gil in die gang, EK IS DIE BESTE MAMMA WAT EK KAN OF WIL WEES en gee elke kindjie `n vet klapsoen omdat jy die heel beste kind het is jy die coolste mamma.

Mammas ek salueer julle vir werk welgedaan......!!!!!!!!!

Blogger Buzz: Blogger integrates with Amazon Associates

Blogger Buzz: Blogger integrates with Amazon Associates