Monday, October 18, 2010

A is ook vir asemhaling!!!!

Asemhaling... een van die mees basiese liggamsfunksie vir enige lewende wese. Maar hoe haal ons asem, elke dag, elke slag.Asemhaling is die onwillekeurige inneem van suurstof ,deur twee van die spiere nl die tussenribspiere en die diafragma....!Niemand leer ons om asem te haal nie, dis een van daardie funksies wat net gebeur die oomblik as ons gebore word , ja ek weet vir die meeste van ons .

Maar het iemand al ooit daaraan gedink oor wat eintlik met die baba gebeur .Ons praat nie nou baba sal weer daar kom , maar swanger vroue het die manieer om harder asem te haal , en te snork. Dispnee of kortasem, is ook aan die orde van die dag , kom gewoonlik in die eerste of tweede trimester, voor as gevolg van die verhoging in kardiovaskulere funksie, en weereens die sondebok progesteroon.

Asemhaling en bewuste asemhaling in swangerskap, is ook goeie manier om die vrou op haar eie behoeftes in te stel, en ja ,dit kan help, om te leer om lekker diep in te asem ,en die longe goed te vul met skoon lug , ekstra suurstof vir baba, en help jou om lekker te ontspan.Dink aan jou asemhaling en hoe jy dit doen. Haal diep asems in deur die neus, uit deur die mond minstens vyf keer.Maak jou ogies toe as jy dit doen, dink aan jou baba en sy gelaatstrekke . Ek is seker nou is jy ook lekker ontspanne.

Die lekkerste is wanneer baba so huil, en jy uitgestress word, en voel jy kan nnie meer nie. en nie maar raad het nie,en jy doen die vyf asemteue, en dink jou lyf is lappop.... gaan jy heerlik ontspan en raai baba gaan ophou huil.Ai tog as ons as ouers maar net die waarde van asemhaling verstaan en dit elke dag in ons lewe toepas .Bespreek dit met die liefde van jou lewe doen dit saam en voeg jare by jou lewe.

Sunday, October 17, 2010

A is vir afwagting ....ja daardie afwagting waarvan almal weet

A is vir die eerste letter van die alfabet, appel `n dag laat die dokter wag,aspersie en aartappels, aarbeie en antisipasie, afwagting vir die strepies om op die toets te wys, afwagting vir die bloedtoets se uitslae , vir die pienk en blou toets, vir die eerste sonar, die eerste besoek aan die dokter , die eerste skop, die eerste sien , die eerste vashou , die eerste borsvoed, die eerste van als.

Vandag weet ons als so gou, danksy die liewe tegnologie , eers moes jy wag om jou periode te mis, vandag kan jy die toets voor dit doen, eers moes jy wag vir die sonar ,om te sien wat is die geslag is, vandag doen mens pienk en blou toetsop 8 weke, maar ai dit maak nog daardie afwagting nie minder elektries nie en lewe ons vir daar die eerste maal.

Afwagting vir nuwe pienkvoet het verskeie dimensies van baie geskeduleerde seks tot oeps dit was nou nie die slimste ding om te doen nie . Maar almal is dit eens dat daar nie so iets soos glips is nie en dat elke baba `n doel en toekoms het.Daarom is dit belangrik om die beste vir jou baba in die tyd van afwagting te doen met jou dieet en als wat jy doen vir die kleine nuwe lewetjie.

Afwagting beteken ook die laaste paar dae van wag, om daardie nuwe baba te leer ken, en te wag totdat die baba se regte tyd waarvoor hy bestem is, daar is en nie deur die geelwortelteorie omgekoop te word vir induksie of beplande keiser voor die 39ste week nie.

Afwagting is ook een van daardie lesse wat ons moet leer met nuwe baba , om meer geduld te he en meer rustig te raak  elke ding op sy eie tyd....!!!

Ek is weer terug na `n periode van stilswye....

Daar het voorwaar nuwe lewe in ons kliniek ingedraf in die vorm van al die nuwe babas , mammas, en ook personeel. Roline die nuwe ontvangsdame het haar voete gevind en Sr Annatjie het in haar plekkie ingeval en saam maak ons nou gedugte span.Dankie aan al ons kliente wat hul vriende verwys en ook dankie aan Ons Hemelse Vader vir die kliniek wat elke dag groei meer as ooit tevore,en my meer tyd gee vir ander dinge wat belangrik is vir alle mamas en babas .Hou ons spasie dop jul gaan verras wees