Sunday, October 17, 2010

A is vir afwagting ....ja daardie afwagting waarvan almal weet

A is vir die eerste letter van die alfabet, appel `n dag laat die dokter wag,aspersie en aartappels, aarbeie en antisipasie, afwagting vir die strepies om op die toets te wys, afwagting vir die bloedtoets se uitslae , vir die pienk en blou toets, vir die eerste sonar, die eerste besoek aan die dokter , die eerste skop, die eerste sien , die eerste vashou , die eerste borsvoed, die eerste van als.

Vandag weet ons als so gou, danksy die liewe tegnologie , eers moes jy wag om jou periode te mis, vandag kan jy die toets voor dit doen, eers moes jy wag vir die sonar ,om te sien wat is die geslag is, vandag doen mens pienk en blou toetsop 8 weke, maar ai dit maak nog daardie afwagting nie minder elektries nie en lewe ons vir daar die eerste maal.

Afwagting vir nuwe pienkvoet het verskeie dimensies van baie geskeduleerde seks tot oeps dit was nou nie die slimste ding om te doen nie . Maar almal is dit eens dat daar nie so iets soos glips is nie en dat elke baba `n doel en toekoms het.Daarom is dit belangrik om die beste vir jou baba in die tyd van afwagting te doen met jou dieet en als wat jy doen vir die kleine nuwe lewetjie.

Afwagting beteken ook die laaste paar dae van wag, om daardie nuwe baba te leer ken, en te wag totdat die baba se regte tyd waarvoor hy bestem is, daar is en nie deur die geelwortelteorie omgekoop te word vir induksie of beplande keiser voor die 39ste week nie.

Afwagting is ook een van daardie lesse wat ons moet leer met nuwe baba , om meer geduld te he en meer rustig te raak  elke ding op sy eie tyd....!!!

No comments:

Post a Comment