Monday, October 18, 2010

A is ook vir asemhaling!!!!

Asemhaling... een van die mees basiese liggamsfunksie vir enige lewende wese. Maar hoe haal ons asem, elke dag, elke slag.Asemhaling is die onwillekeurige inneem van suurstof ,deur twee van die spiere nl die tussenribspiere en die diafragma....!Niemand leer ons om asem te haal nie, dis een van daardie funksies wat net gebeur die oomblik as ons gebore word , ja ek weet vir die meeste van ons .

Maar het iemand al ooit daaraan gedink oor wat eintlik met die baba gebeur .Ons praat nie nou baba sal weer daar kom , maar swanger vroue het die manieer om harder asem te haal , en te snork. Dispnee of kortasem, is ook aan die orde van die dag , kom gewoonlik in die eerste of tweede trimester, voor as gevolg van die verhoging in kardiovaskulere funksie, en weereens die sondebok progesteroon.

Asemhaling en bewuste asemhaling in swangerskap, is ook goeie manier om die vrou op haar eie behoeftes in te stel, en ja ,dit kan help, om te leer om lekker diep in te asem ,en die longe goed te vul met skoon lug , ekstra suurstof vir baba, en help jou om lekker te ontspan.Dink aan jou asemhaling en hoe jy dit doen. Haal diep asems in deur die neus, uit deur die mond minstens vyf keer.Maak jou ogies toe as jy dit doen, dink aan jou baba en sy gelaatstrekke . Ek is seker nou is jy ook lekker ontspanne.

Die lekkerste is wanneer baba so huil, en jy uitgestress word, en voel jy kan nnie meer nie. en nie maar raad het nie,en jy doen die vyf asemteue, en dink jou lyf is lappop.... gaan jy heerlik ontspan en raai baba gaan ophou huil.Ai tog as ons as ouers maar net die waarde van asemhaling verstaan en dit elke dag in ons lewe toepas .Bespreek dit met die liefde van jou lewe doen dit saam en voeg jare by jou lewe.

No comments:

Post a Comment