Sunday, January 24, 2010

Swangerskaps Opvoeding en Bewustheidsweek

Dis byna weer die pragtige maand van Februarie, en vir ons een van daardie wonderlike maande van liefde en swanger magies. Die Swangerskapsweek is die week van die 13de tot die 21ste februarie en word deur Baby City geborg.

Tema van die 2010 week is
Nagevorsde opsies en ingeligte keuses oor swangerskap en kraam .Weet vroue en pare werklik wat hulle opsies is ? Hierdie jaar is ek so opgewonde ek voel soos "popcornmasjien" vandat ek die tema gehoor het want dis my pet onderwerp.

Doel van die week
Om die publiek in e lig hoe belangrik dit is om kindergeboorte klasse by te woon, sodat hul wel ingeligte keuses kan maak oor swangerskap, kraam en ouerskaps kwessies.

Ons gaan die 17de Februarie Swangerskap vier by my praktyk in Springs, merk solank daardie aand en hou dop .Laat almal weet ons gaan dit vier, of hul nou beplan om swanger te raak, reeds swanger is en of hul al amper moet kraam.

As jul haastig is ,dit gaan in die aand gebeur, epos my by hetti@worldonline,of skakel ons 0118152129 om jou plekkie te bespreek

Terug werk toe en goud vir baba... Borsmelk is die beste

Dis daardie tyd, die tyd waaraan jy nie wil of kan dink nie, jou hart pyn, jou maag draai op `n knop en jy wil weghardloop ...!Jy moet teruggaan werk toe ,en jou baba hou so baie van die bors. Jy ook want die kilos smelt weg , hy word groot en jy weet borsmelk is goud ,dis die beste vir alle babas hoe nou gemaak? Is eksklusiewe borsvoeding steeds binne die bereik van die werkende mamma , wat 6 tot 8 ure dag nie by haar baba kan wees nie?

Met dawerende ja moet ek vir jou se jy kan, as jy wil .Dit verg wel bietjie meer "effort" en toewyding, maar jou babakind kan steeds sy goud elke dag kry. Jy kan al vroeg reeds begin uitmelk ,om te vries . Ervaring het my geleer dat as die borsmelk in die eerste 4 tot 6 weke gevries word, hul bietjie seperig proe nie dat die babalief sal omgee nie. Die rede is voor die hand liggend en so eenvoudig. Borsmelk se samestelling is van so aard, dat daar in die eerste paar weke baie meer amilase in die borsmelk is . Amilase is `n ensiem wat help met vertering, en juis omdat ons babas, die eerste paar weke sulke klein onvolwasse maag en ingewands funksies het , is daar meer amilase in die borsmelk om reeds so te help met die vertering ..is dit nie cool nie.

Ek stel voor dat jy reeds van 6 weke begin om uit te melk om voorraad op te bou vir die dag wat jy teruggaan. Begin dus sommer al voortydig besluit wat, hoe, en wanneer. Gesels met vriendinne, bespreek dit by jou nageboorte klas, by die borsvoed ondersteunings groep , op forums vra jou vroedvrou en die klinieksuster.Of skakel `n laktasie konsultant .Ons mag nie babas vergelyk nie, maar ons mag wel borspompe vergelyk ,of is jy dalkies net een van daardie mammas wat met die hand beter regkom as met pompe.

As jy net nou en dan in noodgevalle wil uitpomp ,sal handpomp doen, as jy meer dikwels uitmelk is elektriese pomp beter ,en as jy wil uitmelk as reel ,e lke dag kyk na dubbelpomp een wat jy beide kante gelyk kan uitmelk . Borspompe is duur ,daarom moet jy jou huiswerk doen ,en onthou alhoewel die borspomp `n groot aanvanklike uitgawe is,, is dit elke sent die moeite werd want as jy weer terruggaan werk toe, en baba op borsmelk kan hou spaar jy baie d,eur nie hoef formule te koop nie, en jy spaar meer aan dokters ondersoeke en medisyne en ons weet almal wat kos medisyne deesdae.

Verkieslik wil ons borsmelk so gou as moontlik vries, en koud hou daarvoor sal jou hubby se "sixpack cooler box" heel goed werk . Onthou net dat borsmelk kan tot 6 uur by kamer temperatuur staan ,,maar vir vries so gou as moontlik verkoel word en vries dit in klein hoeveelhede sodat jy nie goud hoef weg te gooi nie.Die borsmelk kan goed hou in vrieskas vir tot 4 maande

Onthou die wagwoord is dat jy gereeld moet uitmelk ,en nie vir lang periodes op slag nie. Hidrasie is belangrik, en dink aan jou baba as jy uitmelk, wees ontspanne en sien hoe die melk vloei .Vir meer inligting en hulp, skakel of gaan sien `n laktasie konsultant en siedaar jou babalief kry steeds sy goud as jy by die werk is.

Wednesday, January 13, 2010

Dis offisieel ....

Borsvoeding is altyd die beste en dit word net elke dag so bewys.Onlangse navorsing het weereens bewys dat borsvoeding in die 2 de lewensjaar steeds die grootste, beste en gesondste vir enige moeder en baba is. 448ml borsmelk voorsien 29% van energiebehoeftes, 43% van proteienbehoeftes, 36% van kalsuimbehoeftes, 75% van vitamien A behoeftes, 76% van folienbehoeftes, 94% van vitamien 12 behoeftes en 60% van die vitamien C behoeftes.Inderdaad bly dit Liquid Gold WOW mammas julle mag maar nog aanhou na 1 jaar

Welkom 2010

Welkom 2010 hierdie nuwe jaar, hierdie nuwe tydperk, sokker ,nuwe babas ,nuwe kleuterskole ,nuwe graad een parabeeners ,nuwe graad 8s,nuwe eerstejaars sjoe julle dis eintlik erg.Erg as mens daaraan dink hoe vinnig tyd verbysnel ,hoe vinnig die lewe gaan .Dis `n gevoel wat ek nie kan beskryf as ek al die fotos van die graad eens blinknuut klere en hare,en die graad agts in hul hoerskole bekyk.Ai en die trotsheid oorweldig my by die een se geboorte was ek ,hierdie een was ek in die fliek toe die sms deurkom sy is hier maar sy is in ICU bid, daardie een het ek so gesukkel om op die bors te kry, hierdie een was weer `n gestruggle om op die bottel te kry.

Sjoe dan besef ek weereens hoe vol my lewe is hoe gelukkig en bevoorreg ek is om deel van soveel lewens te wees en dan hierdie kindertjies later te sien presteer dan voel ek so trots en wanneer die mammas deel die goeie en slegte wil ek sommer bars van trots....Mense ek dank God dat hy my hierdie passie gegee het en dat ek op baie jong ouderdom besef het ek is op hierdie aarde vir doel om ander te help!!!!!!!!!!!!!!!