Sunday, November 22, 2009

Ouerskapskursus met verskil vir alle ouers van babtyd tot in die tienerjare

Wie weet van die Immergroen ouerskap kursus of die Evergreen Parenting kursus? Vir wie lui die naam Hettie Britz `n klokkie of Andalene Salvesen? of wie weet van die boompie temperament boek oftewel Kweek Kinders Met Karakter, en Kweek kinders met gesag, aha ek sien daar gaan liggie op.Ek is baie gelukkig en onlangs geakkrediteer as fasiliteerder om hierdie ouerskap kursus aan te bied.

Die kursus word aangebied by kerke ,skole, selgroepe, ouergroepe en ook vanaf my eie plekkie.Die kursus is `n intensiewe kursus wat alle aspekte van ouerskap aanraak ,iets wat ons as ouers so nodig het in vandag se tyd.Ek kan die kursus aanbied soos dit die groepe sal pas. So kontak my en bele tyd in jou kind se toekoms.
Van die onderwerpe is
  • Gereedheid vir ouerskap
  • Norme en Waardes
  • Die 5 R`e Rituele, Respek, Rolle, Roetine, Respek
  • Definisiie van Gesag
  • Perspektief op gesag
  • Die 4 Kweekstyle
  • Manipulasie
  • Wat is temperament
  • Ontdek jou eie temperament
  • Verstaan mekaar
  • Kindertemperament
  • Praatboomtaal
  • Oorsig oor die tuin en dissiplineskap
  • Dissipelskap
  • Waarom moet ons soms ons kinders straf
  • Hoe straf ons in liefde
  • Vlakke van dissipline
  • Skadelike straf
  • Reels vir snoeityd
  • Dissipline volgens ouderdom en temperame
  • Waarom moet ons kinderontwikkeling verstaan
  • Vlakke van psigososiale ontwikkeling
  • Vlakke van morele ontwikkeling

Die kursus word deur my op die basis van DVD`s van Hettie en Andalene gedoen met baie praktiese voorbeelde en raad.Dit is `n plus minus 16 uur kursus en vol pret.As ek jou nou nuuskierig gemaak het gaan kyk by www.immergroenouerskap.co.za en epos my by hetti@worldonline.co.za of skakel my by 0118152129 of 0834925861 om kursus te bespreek.Dalk wil jy he ek moet dit by jou skool kom aanbied of by jou selgroep of by jou kerk .Dit kan gedoen word

Ons eerste oggendkursus nog die jaar is tjok en blok maar ons mag jou dalk nog kan indruk . Die volgende een gaan einde Januarie begin op Donderdae aande.Dis tyd en geld wat jy nie sal mors nie en jy weet dat jy op jou pad is om kinders met karakter te kweek.

Tuesday, November 17, 2009

So jy het besluit jy gaan borsvoed..!!!!

So verstaan ek reg beplan jy om te borsvoed whoepeee ek is bly jy lees die paar sinne.Dis seker een van die belangrikste besluite wat jy kan neem want die positiewe aspekte en voordele van borsvoeding is vir jou baba se leeftyd en ja jy kan jou vorberei daarop al vanaf jou eerste maan van swangerskap .Dis bewys dat wanneer die mama so vroeg as moontlik haarself voorberei op die borsvoeding sy `n groter kans op sukses het.Ongelukkig is dit die werklikheid dat Suid Afrika nie verskriklike positiewe borsvoedingsyfer het nie en baie keer is dit as gevolg van ander mense se houdings ,kennis en vooroordele.

Borsvoeding is die beste hetsy dit vir die mamma nie altyd die beste keuse is nie dit bly die heelbeste keuse vir die baba.Niks maar geen Formulemelk is so goed vir baba soos borsvoeding nie.Elke mamma moet dit weet en besef voor sy die keuse maak Ja sekere melk is beer as ander maar niks is soos borsmelk vir die kleine baba nie. En niks wat werklik goed is kom sommer net so sonder moeite nie.Dis vir die goeie dinge wat ons moet hard werk.

Borsvoeding kom instinktief vir babas maar mammas moet leer so van die begin af raak opgewonde,nie veroordelend en begin lees en bring jouself op datum, met alles wat nuut is.Kyk na publikasiedatums as iets oud is is dit nie altyd beter nie want navorsing verander daagliks en jy moet jouself vergewis dat dit wat jy lees die nuutste op datum werk is.

Weet jy van` biological nurturing' "self attachment" vel tot vel kontak en kangaroo care van die meer hedendaagse termes indien nie ,moet jy jouself vinnig op datum bring.Borsvoeding is een van die mees vervullende wonderlike dinge wat mammas vir hul babas kan gee

Sunday, November 15, 2009

Studie oor pynverligting en hakprikke

Jippie ek was reg ...Ek het nog altyd geweet dat wanneer babas gevoed word hul pyndrempels baie hoer is en daar is die week studie uitgereik wat dit bewys het.Die studie is gepubliseer in die Pediatrics Volume 124 no 5 November 2009.
Die studie se doelwitte was
  1. Om verskeie eenvoudige pynverligting tegnieke in pasgebore babas te evalueer
  2. om die ooreenkoms tussen gedragsoptrede en kardiese reaktiwiteit tydens hakprik in gesonde pasgebore volermyn baba te evalueer.

Die studie was gedoen deur babas in 6 groepe te plaas en die groepe was

  1. Kontrole groep geen pynverligting
  2. Nie voeding suiging bv fopspeen
  3. Mamma hou baba vas
  4. Orale glukose voeding
  5. Formule voeding
  6. Borsvoeding

Al die babas was dan onderwerp aan die gewone pasgebore siftingtoetse wat met hakprik gepaard gaan en die resultaat was

  1. die babas wat die meeste pyn ervaar het was die in die groep wat geen tegnieke gebruik het nie en die babas wat die minste pyn ervaar het was die wat gevoed is met kos

Vir my in my praktyk het ek dit male sonder tal ervaar dat waneer daar prosedure gedoen word en baba gevoed word hul beter hanteer en minder hulen nou het ons dit op swart en wit dit werk Hoera vir mammas wat instinktief beter is vir hul babas

Tuesday, November 10, 2009

Babas weet instinktief hoe om te borsvoed. maar mammas moet dit aanleer, watse ware wyse woorde. Onthou jy hoe moeilik, ongemaklik daardie eerste dans met wildvreemde persoon is, jy weet nie altyd waar om te vat ,wat nog van te trap nie.En met net klein bietjie oefening word dit grasieus en geniet beide die dans.....! Dit is presies hoe mens borsvoeding kan beskryf, Jou baba ken die bewegings en kan dit vervolmaak.`n Voltermyn baba het net bietjie hulp nodig met die posisionering, om sy pad na die bors te vind.Babas wat prematuur gebore is en mediese probleme het sal verseker bietjie meer hulp nodig he.

Stap 1 Die dans begin met die dans posisie.

  • Voorsien baie vel tot vel kontak deur die baba se kleertjies uit te trek(hou maar die doek aan) en deur jou klere uit te trek en koester jou baba styf teen jou lyf.
  • Druk jou baba ,en hou hom knus vas, met sy koppie onder jou ken, hoe nader die baba aan jou ,en hoe meer vel kontak, hoe vinniger gaan jou baba wakker word, as hy honger is, honger word of as hul die bors begin soek.
  • Gesels sag met jou baba ,en masseer baba met ferm bewegings.
  • Waneer babas wakker word, sal hul hul koppies heen en weer beweeg, en instinktief met oop mondjies na die bors begin soek.

Posisionering en posisie is van die uiterste belang in dans dit voorkom toontrappery en uit ritme wees, dis dieselfde met die borsvoed .Waneer die posisie reg is, verseker dit `n voeding sonder pyn, met gemak en genot vir die mamma en die baba.

Stap 2 Baba sal begin lei en die voortou neem en jy hoef net te volg.

  • Druk baba se boudjie onder die ander arm as die kant wat jy wil voed.
  • Laat jou bors toe om natuurlik te val.
  • Help die baba oplyn onder jou bors, met die gesiggie na jou en sy neusie oorkant jou tepel
  • Maak seker baba se mondjie is wyd oop, voor jy voordat jy probeer om die baba aan jou bors te sit
  • En dan gee jouself oor aan die wonder van hierdie wonderwerk ontspan en geniet hierdie gawe van Bo!

Jy en jou baba leer saam om die dans van borsvoedig te vervolmaak , laat baba toe om leiding te neem en volg jy maar net gewillig, maar as jy hulp nodig het moet nie huiwer om gesertifiseerde laktasie konsultant se hulp in te roep nie, want as dit seer is, is hierdie dans se ritme net nie reg nie.

Monday, November 9, 2009

7Tekens van Kraam

"Without question you want a safe and satisfying birth experience.I want that for you too"Henci Goer.En so ook myne vir jou .Vir eers wil ek vra om die media te vergeet ,en al jou visioene van in kraam gaan, met een asem weg te blaas, want dis nie hoe dit werklik gebeur nie.Vir julle wat bang is, jul gaan jul pragtige motor se bekleedsel bemors, en die naelstring met skoenveter afbind, ontspan dit gebeur nie sommer so nie.


Alles gebeur net nie so vinnig nie , die teksboek kraam duur 10 tot 12 ure vir `n eerste baba, 1 cm per uur, en 1 en half vir alle babas wat nie die eerste is nie.Die gemiddelde eerste kraam is nege uur en daaropvolgendes ses ure.

Hier is sewe tekens dat dit wel sulke tyd is:
  • Hoe voel die kontraksies - Dis seer laag af in jou abdomen of die rug,hul mag van voor na agter of agter na voor sprei.Voel baie soos menstruasiepyn.
  • Hoe sterk is die kontraksies - goeie werklike kontraksies se intensiteit is van so aard dat jy nie kan loop of gesels terwyl jy een ervaar nie.
  • Hoe naby mekaar is die kontraksies - Neem die tyd van die begin van een kontraksie tot die begin van die volgende een. Goeie kontraksies is so 3 tot 4 minute uitmekaar, en die reel is met eerste baba wag twee tot 3 ure, voor jy hospitaal toe gaan en 2de na uur van gereelde 3 tot 4 minute uitmekaar.
  • Hoe lank is kontraksie - 45 tot 60 sekondes maar soms is dit moeilik, want hul "piggyback" beteken voor die een klaar is begin die volgende een
  • Het die patroon verander oor tydperk - Goeie kontraksies word langer, meer intens en korter op mekaar met tyd.
  • Wat gebeur as jy jou posisie verander - vals alarm of vroee kraam kontraksies ,gaan of weg of word minder as jy in warm bad klim ,of jou begin besig hou met iets , op werklike kraam sal so iets geen invloed he nie.
  • Het jou water gebreek - as dit met plop en "gush " was sal kraam kontraksies, erger word maar as dit net lek kan dit nog ure duur.

Gebruik jou intuisie, as jou kontraksies 3 tot 4 minute uit mekaar is ,en hul 45 tot 60 sekondes duur, en redelik intens is maar jy steeds jouself kan besig hou, is dit nog nie tyd om in te gaan nie, maar luister vir jou binneste as jy voel nou moet jy ,dan moet jy.

Thursday, November 5, 2009

Rubella en Waterpokkies

Orals waar mens deesdae kom is die gonswoord masels...hoekom, waarom en wat nou? Vandag, gesels ek weer met iemand, en besef net weereens, ons moet ons vroue, net voor, en in die kinderbaringsjare meer inligting gee. Almal weet rubella is `n probleem in swangerskap ,maar wie besef ,dat waterpokkies net so groot probleem is. Wie adviseer mense wat beplan om met gesin te begin , om vooraf seker te maak dat hul wel teenligaampies het teen die twee siektes, voordat hul swanger word, of beplan om swanger te raak.

Ek raai alle dames aan om vir goeie ondersoek te gaan ,voor jy beplan om swanger te raak, om seker te maak dat jy in tip top kondisie is ,wannneer jy met hierdie belangrike produksie begin. Ek wil ook beroep op alle vroue ouer as 15 jaar doen , om seker te maak dat hul as hul nie waterpokkies gehad het , te gaan vir die waterpokkie inenting, aangesien waterpokkies in die laaste trimester die baba kan skaad. Ek wil ook voorstel dat jy `n rubella teenligaam bloedtoets laat doen, en as jy nie imuun is ook hierdie inenting te kry.

Deur die bogenoemde twee stappe te neem gaan jy jouself baie trane,verdriet en spanning bespaar .....asseblief gaan dink hieroor ja ook jy die tienerdogter wat nog geensins aan `n gesin dink,jy ook mamma van die oulikste tienerdogter en definitief jy dame wat reeds seksueel aktief is....!