Monday, November 9, 2009

7Tekens van Kraam

"Without question you want a safe and satisfying birth experience.I want that for you too"Henci Goer.En so ook myne vir jou .Vir eers wil ek vra om die media te vergeet ,en al jou visioene van in kraam gaan, met een asem weg te blaas, want dis nie hoe dit werklik gebeur nie.Vir julle wat bang is, jul gaan jul pragtige motor se bekleedsel bemors, en die naelstring met skoenveter afbind, ontspan dit gebeur nie sommer so nie.


Alles gebeur net nie so vinnig nie , die teksboek kraam duur 10 tot 12 ure vir `n eerste baba, 1 cm per uur, en 1 en half vir alle babas wat nie die eerste is nie.Die gemiddelde eerste kraam is nege uur en daaropvolgendes ses ure.

Hier is sewe tekens dat dit wel sulke tyd is:
  • Hoe voel die kontraksies - Dis seer laag af in jou abdomen of die rug,hul mag van voor na agter of agter na voor sprei.Voel baie soos menstruasiepyn.
  • Hoe sterk is die kontraksies - goeie werklike kontraksies se intensiteit is van so aard dat jy nie kan loop of gesels terwyl jy een ervaar nie.
  • Hoe naby mekaar is die kontraksies - Neem die tyd van die begin van een kontraksie tot die begin van die volgende een. Goeie kontraksies is so 3 tot 4 minute uitmekaar, en die reel is met eerste baba wag twee tot 3 ure, voor jy hospitaal toe gaan en 2de na uur van gereelde 3 tot 4 minute uitmekaar.
  • Hoe lank is kontraksie - 45 tot 60 sekondes maar soms is dit moeilik, want hul "piggyback" beteken voor die een klaar is begin die volgende een
  • Het die patroon verander oor tydperk - Goeie kontraksies word langer, meer intens en korter op mekaar met tyd.
  • Wat gebeur as jy jou posisie verander - vals alarm of vroee kraam kontraksies ,gaan of weg of word minder as jy in warm bad klim ,of jou begin besig hou met iets , op werklike kraam sal so iets geen invloed he nie.
  • Het jou water gebreek - as dit met plop en "gush " was sal kraam kontraksies, erger word maar as dit net lek kan dit nog ure duur.

Gebruik jou intuisie, as jou kontraksies 3 tot 4 minute uit mekaar is ,en hul 45 tot 60 sekondes duur, en redelik intens is maar jy steeds jouself kan besig hou, is dit nog nie tyd om in te gaan nie, maar luister vir jou binneste as jy voel nou moet jy ,dan moet jy.

5 comments:

  1. Hi
    Ek is 35 weke en 4 dae swanger. Ekt nou begin pyne kry onder my nealtjie. Dit gebeur elke 5 tot 6 min voel baie soos menstruasie pyne en my maag raak klip hard. Dis al amper I uur wat ek dit het? Wane is die regte tyd om in te gaan?

    ReplyDelete
  2. Ek is al vir 3 weke aaneen in en uit hospitaal ek is nou 37 weke vanoggend toe ek wakker word toe is my slaapbroek nat het my water begin lek? Ek het kort kort pyn soos menstruasie pyne, het in bad warm water geklim pyne nog nie beter nie, dis baie seer as ek loop en staan maar verdwyn ook nie as ek op my sy le nie ek is n staatspasient en hospitaal doen nie veel nie wat staan my te doen? Ek is ook boonop n hoe risiko pasient

    ReplyDelete
  3. Ek is 40 weke swanger en kom wit deurskynende slym af as ek urineer...en ek het i heuwige pyn op my blaas...maar het nog nie pyn?

    ReplyDelete
  4. Ek is 40 weke swanger en kom wit deurskynende slym af as ek urineer...en ek het i heuwige pyn op my blaas...maar het nog nie pyn?

    ReplyDelete
  5. Ek is amper41 weke en my niere is seer en DAAR kom wit jelly uit en ek kry kort kort n drinking wat kan dit wees

    ReplyDelete