Sunday, April 11, 2010

Nuwe kinderstorieboek....... Asemsnak oulik....!!! Loxi die olifantjie

Ek kuier nou die dag so bietjie op die web en kuier toe vir Loxi raak .Loxi is afrika-olifantkalfie en leer by sy persoonlike veldwagter alles natuurwetenskap feite.Ek self kan nie meer wag om my boek te kry om te lees nie de ewige kind kom dan goed uit.Die boek is `n wrintiese 92 bladsye en is vir kinders 4 tot 12 jaar en geskik vir voorlees en selflees.Maar gaan kyk eerder self op http://loxi.co.za/. Vir meer inligtting en kyk en maak kennis met Loxi .Die goeie nuus is dat Loxi ook van April af in Engels ook beskikbaar is

Onthou lees is so belangrik vir kinders en in vandag se tyd is boeke so belangrik en dit moet kinders se aandag trek .Ek is seker Loxi gaan dit doen .Ek wil net vir Yolandi du Plessis baie baie geluk wens met hierdie pragboek en ek glo dat Loxi baie kinderhartjies baie baie gelukkig gaan maak .Mooi so Yolandi jy het `n taak welgedaan.

Saturday, April 10, 2010

Saterdagoggend

Op hierdie herfsmore, half deur die slaap, en `n beker stomende koffie staar ek na die bome, wat se blare so een, een na die grond toe sweef en blaremat op my stoepie vorm.My gedagtes is by dit wat my passie is swanger mammas ,en ek dink hoe kan mens hul bemagtg om die beste swangerskap en nageboorte tyd te ervaar.En ek besef weereens daar is `n seioen vir elke ding in elkeen se lewe.Nes die swangerskap se trimesters is almal se lewe ingestel op dit wat besig is om te gebeur .Ek kan nie anders om ons Hemelse Vader te prys vir Sy Voorsiening nie en ek wil vandag net se dankie ABBA vader ,dankie vir my passie dankie vir my mense en dankie dat U U lewe vir my gegee het sodat ek oorvlloedig kan lewe en dat ek die ewige lewe mag beerwe.

Swangerskap is so wonderlike en natuurlik en swangerskap het altyd `n mate van onvoorspelbaarheid .Daarom wil ek almal aanmoedig lees en leer meer van swangerskap van borsvoeding want kennis is mag en met kennis bewapen jy jouself teen die onvoorspelbare geniet jou swangerskap.`n Seisoen wat nes die herfs se blare ook van jou sal afval op die regte tyd.
PREGNANCY - From Conception to Caring for your Newborn Baby

Wednesday, April 7, 2010

Berei jouself voor om met die uitgeputte staat van nuwe ouer wees te kan leef

Ongelooflike moegheid beide fisies en emosioneel is gewoonlik een van die top probleme in die eerste paar maande nadat die baba gebore is.Hierdie moegheid is moegheid wat mens nie aan iemand kan oorvertel nie en daarom iis dit baie belangrik dat die voornemende ouerpaar bietjie hieroor gesels en dink aan hoe hul dit kan oorkom .Dis goeie ding om die volgende vrae vir mekaar hardop (ja dit mag simpel klink)te vra en oplossings te probeer vind

  • Hoe gaan dit voel as die baba in die middel van die nag onophoudelik begin skree?
  • Wat doen ons as die baba onophoudelik skree en ons nie een kan slaap nie?
  • Wie gaan saam baba opbly en hoe gaan ons dit doen?
  • Sal jy as die pappa doeke omruil, brood gaan koop en sal ons kookbeurte neem of wat sal ons doen?
  • Sal jy as die mamma vir die pappa vra om jou te help of om iets vir jou te doen (onthou dis vir hom ook nuut en hy weet ook nie wat om te verwag nie)?
  • As die vader hoeveel tyd is jy bereid om met baba te spandeer (van jou vrye tyd) en as gesin?
  • Wat sal jy as mamma doen as jy ongelooflik moeg is,die baba hou aan huil, daar is niks vir aand ete en jy het ook nie meer skoon klere nie?
  • Is daar iemand wat jy kan vra om jou te help ?

Wanneer jy aan die situasie byt, en dit noem weet ek dat in jou agterkop jy reeds seker is, dat jy in alle gevalle binne beheer sal bly. en oplossing sal vind as iets naastenby so sal verloop , maar glo my jy gaan sulke geleenthede kry ,daarom wil ek jou smeek om dit met jou man te bespreek ,en saam aan die situasies te dink, sodat dit nie as emmer koue water op jou gesig voel as dit wel gebeur nie.

Nog paar praktiese idees om jul te help wat reeds vooraf gedoen kan word.

  • Probeer soveel as moontlik rus voor die tyd voor jou verwagte datum ,gee jouself tyd om net te ontspan en te wees
  • Wees gesond deur goeie kos te eet en oefening in te kry al loop jy net elke dag, alhoewel dit afgesaag en vervelig is ,is dit een van die maklikste en mees kragtigste voorbereiding vir die nuwe era
  • Probeer reeds voor die tyd "cat naps" in die dag te neem en stel jjou in op dag slapies .Om jou slaap roetine te verander is baie makliker want daar is geen veilige manier om jong babas deur die nag te maak slaap nie, onthou die lig slaap en kort slaap is `n oorlewingsmeganisme en beskerm jou baba teen wiegiedood.
  • Leer en lees alles wat jy kan oor borsvoeding onthou borsvoeding is instinktief vir babas maar aangeleerd vir ons as moeders.
  • Sorg dat jy IBCLC se nommer het vir as die borsvoeding nie wil glad verloop nie
  • Doen jou kruideniers inkopies vooraf sodat jy minstens nie in die eerste paar weke enigei ets kort nie
  • Sorg vir genoeg voorafgemaakte gevriesde etes wat in japtrap voorgesit kan word
  • Geniet die laaste paar weke voor jou baba jou lewe gaan binnekom ,slaap laat gaan eet uit as paartjie, gaan fliek, beplan piekniek en sorg dat jy jouself bederf met manikuur en pedikuur en moontlik haarafspraak by jou geliefde terapeut.
  • Sorg dat jy minstens nog maand se swangerskapsvitamienes in voorraad he en drink hulle

Alles klink so eenvoudig en maklik en ja dis ongelooflike ervaring om ouer te wees vol asemsnak oomblikke maar dis ook een van die tye wat jy so uitgeput kragteloos en net pe kan wees deur die eenvoudige praktiese dingetjies te doen gaan jy die transisie net vir jouself soveel makliker maak en kan jy die nuwe baba baie meer geniet as moeder,vader en ouerpaar.

Die koms van `n nuwe baba

Ten spyte van al die inligting en kennis wat beskikbaar is, voel baie nuwe ouers asof hul nie al die inligting tydens swangerskap ontvang het nie, wat wel waar is, want voorbereiding vir die geboorte, is nie naastenby genoeg vir voorbereiding vir ouerskap nie wat nog vir voorberereiding vir mamma of pappa wees.Dit in sigself is baie keer `n wrede ontnugtering vir die ouers,met reg ook want elke baba, elke ouer en elke ouer-baba-situasie is verskillend en uniek.Dit is daardie tikkie misterie van die uniekheid skielik bykom en niks kan dieselfde wees nie.Dis juis die tikkie misterie ,die uniekheid van die situasie wat maak dat niemand ooit genoeg ingelig en voor berei kan wees wat die kopseer is.

Al die inligting, die verskriklike baie besluite, waaruit die ouers kan kies, juis maak dat niemand ooit kan weet hoe dit vir die volgende persoon sal wees nie.Want met al die inligting soos die voeding kwessie, die slaap kwessie, tel ek die baba op, los ek hom, luister ek na baba se taal, of laat ek baba uithuil , en die ouers se verskillende temperamente maak ouerskap prettig en tog gekompliseerd .

Alle babas kom saam ongekende vreugde,hulle laat jou lag en huil,hul maak dat die ouer voel dat hul deel is van die menslike ras, met baba is jy deel van super eksklusiewe klub. Babas maak dat ouers die kleiin dingetjies in die lewe waardeer soos goeie vier ure slaap, warm bord kos.Babas verander prioriteite,help jou verdraagsaamheid en geduld aan te leer en die beste is hul bring twee mense nader aan mekaar deur die deel van `n klein wonderwerkie ewe veel deel van beide partye.Babas bring onvoorwaardelike liefde wat ouers motiveer op maniere wat niemand ooit gedink het moontlik kan wees.Babas is vervullend, gee jou soveel belonings,en hulle is opwindend.Babas gee almal rede om te LEEF en hoop vir die toekoms.

Voor die geboorte is dit onmoontlik om te besef hoe dit gaan wees,hoe lief jy jou pienkvoet gaan he en hoe angstig hierdie baba jou gaan maak en hoe jy sal veg vir die oorlewing van hierdie kleine dingetjie .

Die beste vir jou oorlewing is egter om jouself voor te berei om die liefdevolste mees opregte ouer wat jy kan wees sal wees .Dat jy die beste ouer vir jou baba gaan wees wat jy moontlik kan wees.Deel van voorbereiding is, om te besef daar gaan baie verassings wees, en hierdie element van verassingte aanvaar dat jy nie altyd sal kan voorspel oor hoe of wat nou gaan gebeur nie, maar daar is heelwat vpraktiese dinge wat jy voor die tyd kan doen om jouself voor te berei op tye wanneer jy nie so maklik gaan aanpas nie.

Paar van die praktiese dinge om te doen is:
  • Woon voorgeboorte klasse by verkieslik onafhankilike klasse wat verskeie opsies bespreek.
  • Woon ouerskapklasse by of babaklasse of nageboorteklasse.
  • Leen jou vriende se baba vir paar ure.
  • Beplan om met moegheid te leef.
  • Maak seker jy weet hoe om te ontspan.

Beide ouers is deel van die baba, en beide ouers gaan deel wees van die opvoeding en die grootmaak .Gesels voor die tyd oor die bogenoemde dinge.Maak lysie van die positiewe en die negatiewe impak wat babas gaan he en onthou hul kom nie met handleiding nie.Elke ouer moet weet dat niks jou werklik een honderd persent kan voor berei op die nuwe era wat jul gaan betree , maar dat dit die beste tyd van nuwe begin gaan wees is gewis.