Wednesday, April 7, 2010

Berei jouself voor om met die uitgeputte staat van nuwe ouer wees te kan leef

Ongelooflike moegheid beide fisies en emosioneel is gewoonlik een van die top probleme in die eerste paar maande nadat die baba gebore is.Hierdie moegheid is moegheid wat mens nie aan iemand kan oorvertel nie en daarom iis dit baie belangrik dat die voornemende ouerpaar bietjie hieroor gesels en dink aan hoe hul dit kan oorkom .Dis goeie ding om die volgende vrae vir mekaar hardop (ja dit mag simpel klink)te vra en oplossings te probeer vind

  • Hoe gaan dit voel as die baba in die middel van die nag onophoudelik begin skree?
  • Wat doen ons as die baba onophoudelik skree en ons nie een kan slaap nie?
  • Wie gaan saam baba opbly en hoe gaan ons dit doen?
  • Sal jy as die pappa doeke omruil, brood gaan koop en sal ons kookbeurte neem of wat sal ons doen?
  • Sal jy as die mamma vir die pappa vra om jou te help of om iets vir jou te doen (onthou dis vir hom ook nuut en hy weet ook nie wat om te verwag nie)?
  • As die vader hoeveel tyd is jy bereid om met baba te spandeer (van jou vrye tyd) en as gesin?
  • Wat sal jy as mamma doen as jy ongelooflik moeg is,die baba hou aan huil, daar is niks vir aand ete en jy het ook nie meer skoon klere nie?
  • Is daar iemand wat jy kan vra om jou te help ?

Wanneer jy aan die situasie byt, en dit noem weet ek dat in jou agterkop jy reeds seker is, dat jy in alle gevalle binne beheer sal bly. en oplossing sal vind as iets naastenby so sal verloop , maar glo my jy gaan sulke geleenthede kry ,daarom wil ek jou smeek om dit met jou man te bespreek ,en saam aan die situasies te dink, sodat dit nie as emmer koue water op jou gesig voel as dit wel gebeur nie.

Nog paar praktiese idees om jul te help wat reeds vooraf gedoen kan word.

  • Probeer soveel as moontlik rus voor die tyd voor jou verwagte datum ,gee jouself tyd om net te ontspan en te wees
  • Wees gesond deur goeie kos te eet en oefening in te kry al loop jy net elke dag, alhoewel dit afgesaag en vervelig is ,is dit een van die maklikste en mees kragtigste voorbereiding vir die nuwe era
  • Probeer reeds voor die tyd "cat naps" in die dag te neem en stel jjou in op dag slapies .Om jou slaap roetine te verander is baie makliker want daar is geen veilige manier om jong babas deur die nag te maak slaap nie, onthou die lig slaap en kort slaap is `n oorlewingsmeganisme en beskerm jou baba teen wiegiedood.
  • Leer en lees alles wat jy kan oor borsvoeding onthou borsvoeding is instinktief vir babas maar aangeleerd vir ons as moeders.
  • Sorg dat jy IBCLC se nommer het vir as die borsvoeding nie wil glad verloop nie
  • Doen jou kruideniers inkopies vooraf sodat jy minstens nie in die eerste paar weke enigei ets kort nie
  • Sorg vir genoeg voorafgemaakte gevriesde etes wat in japtrap voorgesit kan word
  • Geniet die laaste paar weke voor jou baba jou lewe gaan binnekom ,slaap laat gaan eet uit as paartjie, gaan fliek, beplan piekniek en sorg dat jy jouself bederf met manikuur en pedikuur en moontlik haarafspraak by jou geliefde terapeut.
  • Sorg dat jy minstens nog maand se swangerskapsvitamienes in voorraad he en drink hulle

Alles klink so eenvoudig en maklik en ja dis ongelooflike ervaring om ouer te wees vol asemsnak oomblikke maar dis ook een van die tye wat jy so uitgeput kragteloos en net pe kan wees deur die eenvoudige praktiese dingetjies te doen gaan jy die transisie net vir jouself soveel makliker maak en kan jy die nuwe baba baie meer geniet as moeder,vader en ouerpaar.

No comments:

Post a Comment