Saturday, April 10, 2010

Saterdagoggend

Op hierdie herfsmore, half deur die slaap, en `n beker stomende koffie staar ek na die bome, wat se blare so een, een na die grond toe sweef en blaremat op my stoepie vorm.My gedagtes is by dit wat my passie is swanger mammas ,en ek dink hoe kan mens hul bemagtg om die beste swangerskap en nageboorte tyd te ervaar.En ek besef weereens daar is `n seioen vir elke ding in elkeen se lewe.Nes die swangerskap se trimesters is almal se lewe ingestel op dit wat besig is om te gebeur .Ek kan nie anders om ons Hemelse Vader te prys vir Sy Voorsiening nie en ek wil vandag net se dankie ABBA vader ,dankie vir my passie dankie vir my mense en dankie dat U U lewe vir my gegee het sodat ek oorvlloedig kan lewe en dat ek die ewige lewe mag beerwe.

Swangerskap is so wonderlike en natuurlik en swangerskap het altyd `n mate van onvoorspelbaarheid .Daarom wil ek almal aanmoedig lees en leer meer van swangerskap van borsvoeding want kennis is mag en met kennis bewapen jy jouself teen die onvoorspelbare geniet jou swangerskap.`n Seisoen wat nes die herfs se blare ook van jou sal afval op die regte tyd.
PREGNANCY - From Conception to Caring for your Newborn Baby

1 comment:

  1. Hettie, dankie vir iemand soos jy ! Ek dink tog dat in vandag se gejaagde lewe daar nie genoeg aandag geskenk word aan jong mammas en borsvoeding. Sou graag jou raad wou hoor. My dogter laat die baba vir ure aan die bors want as sy haar afhaal, word sy wakker en skree totdat sy die bors weer kry. My dogter en baie melk en die baba is lekker vet. nou twee maande oud. Jou raad?
    Ouma Elsabe NS Het self geborsvoed

    ReplyDelete