Tuesday, November 10, 2009

Babas weet instinktief hoe om te borsvoed. maar mammas moet dit aanleer, watse ware wyse woorde. Onthou jy hoe moeilik, ongemaklik daardie eerste dans met wildvreemde persoon is, jy weet nie altyd waar om te vat ,wat nog van te trap nie.En met net klein bietjie oefening word dit grasieus en geniet beide die dans.....! Dit is presies hoe mens borsvoeding kan beskryf, Jou baba ken die bewegings en kan dit vervolmaak.`n Voltermyn baba het net bietjie hulp nodig met die posisionering, om sy pad na die bors te vind.Babas wat prematuur gebore is en mediese probleme het sal verseker bietjie meer hulp nodig he.

Stap 1 Die dans begin met die dans posisie.

  • Voorsien baie vel tot vel kontak deur die baba se kleertjies uit te trek(hou maar die doek aan) en deur jou klere uit te trek en koester jou baba styf teen jou lyf.
  • Druk jou baba ,en hou hom knus vas, met sy koppie onder jou ken, hoe nader die baba aan jou ,en hoe meer vel kontak, hoe vinniger gaan jou baba wakker word, as hy honger is, honger word of as hul die bors begin soek.
  • Gesels sag met jou baba ,en masseer baba met ferm bewegings.
  • Waneer babas wakker word, sal hul hul koppies heen en weer beweeg, en instinktief met oop mondjies na die bors begin soek.

Posisionering en posisie is van die uiterste belang in dans dit voorkom toontrappery en uit ritme wees, dis dieselfde met die borsvoed .Waneer die posisie reg is, verseker dit `n voeding sonder pyn, met gemak en genot vir die mamma en die baba.

Stap 2 Baba sal begin lei en die voortou neem en jy hoef net te volg.

  • Druk baba se boudjie onder die ander arm as die kant wat jy wil voed.
  • Laat jou bors toe om natuurlik te val.
  • Help die baba oplyn onder jou bors, met die gesiggie na jou en sy neusie oorkant jou tepel
  • Maak seker baba se mondjie is wyd oop, voor jy voordat jy probeer om die baba aan jou bors te sit
  • En dan gee jouself oor aan die wonder van hierdie wonderwerk ontspan en geniet hierdie gawe van Bo!

Jy en jou baba leer saam om die dans van borsvoedig te vervolmaak , laat baba toe om leiding te neem en volg jy maar net gewillig, maar as jy hulp nodig het moet nie huiwer om gesertifiseerde laktasie konsultant se hulp in te roep nie, want as dit seer is, is hierdie dans se ritme net nie reg nie.

1 comment:

  1. Ek is 34 weke swanger en het gister in hospitaal toe gegaan. Hulle het gese ek is 3cm onsluit en my terug huis toe gestuur. Vandag voel dit of my privaat geswel en gesak het beteken dit dat ek nou enige tyd in kraam kan gaan

    ReplyDelete