Sunday, January 24, 2010

Swangerskaps Opvoeding en Bewustheidsweek

Dis byna weer die pragtige maand van Februarie, en vir ons een van daardie wonderlike maande van liefde en swanger magies. Die Swangerskapsweek is die week van die 13de tot die 21ste februarie en word deur Baby City geborg.

Tema van die 2010 week is
Nagevorsde opsies en ingeligte keuses oor swangerskap en kraam .Weet vroue en pare werklik wat hulle opsies is ? Hierdie jaar is ek so opgewonde ek voel soos "popcornmasjien" vandat ek die tema gehoor het want dis my pet onderwerp.

Doel van die week
Om die publiek in e lig hoe belangrik dit is om kindergeboorte klasse by te woon, sodat hul wel ingeligte keuses kan maak oor swangerskap, kraam en ouerskaps kwessies.

Ons gaan die 17de Februarie Swangerskap vier by my praktyk in Springs, merk solank daardie aand en hou dop .Laat almal weet ons gaan dit vier, of hul nou beplan om swanger te raak, reeds swanger is en of hul al amper moet kraam.

As jul haastig is ,dit gaan in die aand gebeur, epos my by hetti@worldonline,of skakel ons 0118152129 om jou plekkie te bespreek

1 comment:

  1. Wynn casino las vegas - Mapyro
    Wynn casino las vegas 광주광역 출장안마 in las vegas 부천 출장안마 at mapyro. 김해 출장샵 This page includes 익산 출장샵 Wynn Casino Las Vegas in Las Vegas area. Mapyro® offers accurate, unbiased 영주 출장마사지 and unbiased

    ReplyDelete