Thursday, June 3, 2010

Refluks - die pad terug

Definisie van Refluks.

Refluks is die woord wat gebruik word ,vir daardie aksie wat gebeur as die maaginhoud terugstoot in die mond. Gasto-oesofagale refluks(GORD) is die onwillekeurige terugstoot van gastriese inhoud in die oesofagus of slukderm.

GORD word gekenmerk deur braking na voedings.In 85% van alle geaffekteerde babas, sal die ouers kla van oormatige braking wat in die eerste week begin.Nog 10% sal met die tekens en simptome presenteer in die eerste 6 weke .Geleidelik behoort die baba dit te ontgroei, en teen tien maande is daar omtrent 1 uit 20 babas wat steed refluks het(Dr Anne Taylor).Simptome is gewoonlik weg teen die tyd wat die baba 2 jaar oud is en 60% ontgroei dit sonder behandeling.

Slegs een uit 300 babas met refluks ontwikkel komplikasies, ongelukkig word GORD of refluks soms oor-gediagnoseer ,en neem almal dit nie altyd ewe ernstig of ligtelik op nie."Silent Relflux", is waneer die gastriese inhoud terugstoot in die oesofagus en weer teruvloei sonder braking, maar twee maal die pyn veroorsaak

Simptome is die direkte gevolg van die sooibrand ,wat suur is en die slukderm kan irriteer of brand. Hierdie babas is huilerige babas veral tydens of net na voeding

Tipiese tekens en simptome is:

  • Babas skree as hul slaap
  • Word ge-etiketteer as koliek babas
  • Bal hul vuisies
  • Trek hul koppie terug, en maak boog na agter met hul ruggies,tydens en na voedings
  • Drink min op slag maar, wil meer gereeld drink omdat die slukderm brand en die melkies dit dan afkoel
  • Mag weier om te voed
  • Hoes tydens voedings
  • Herhalende borsinfeksies
  • Apnea aanvalle, hul hou op asemhaal.
  • Herhaalde sinus en middel oor infeksies
  • Sluk probleme met verstik en "Gag"
  • Baie gasserig en "burp" ongelooflik moeilik
Hierdie babas moet ook wanneer hul aan vaste kosse blootgestel, word met omsugtigheid gehanteer word want sekere kosse vereger die refluks.,
Refluks moet nie verwar word met die gewone opgooi wat babas van tyd tot tyd het nie en eenvoudig "happy spitters" is alle babas gooi van tyd tot tyd op .As jy vermoed jou baba het refluks gaan sien jou dokter vir die regte behandeling.

1 comment:

  1. Hierdie refluks-ding fassineer my steeds. Ekself kan steeds (op 40) nie alle kos na ete binnehou nie. En dis wraggies nie anorexia nie! :) Die ding kom van klein-klein tyd af al, maak nie saak wat ek eet nie, na ete (ek vermoed dis wanneer die peristaltiese bewegings van die maag begin) stoot van die kos terug na my mond en ek "herkou" soos 'n bees.

    Dit is nie sooibrand nie, want daar is geen "suur" in die herkoutjie nie, dit moet dus vanuit die slukderm opstoot?

    Nou het my jongste kind (hy is nou 6) dieselfde probleem. Sy boetie (8) sal sommer gou vir hom sĂȘ: Sies jou asem stink. Doodeenvoudig omdat dit so is. Ek het nooit van roomys gehou nie, want die terugkom was aaklig, so ook ander melk-produkte en ek sien met jongste dat dit ook die melk is wat maar die grootste "stink-asem-maker" is.

    Kleintyd het die drs vir my allerhande magnesium-mengsels gegee, maar dit is nie sooibrand nie. Dus het dit nie gehelp nie.

    Ek wonder maar oor "ontgroei", want ek beleef dit nie.... Of het ek nie refluks nie? Is dit iets anders?

    ReplyDelete