Wednesday, June 2, 2010

Dis winter, dis koud en dis siek kindertjies...!!!

Moet ek my baba/ kind iets gee om sy immuniteit te bevorder en indien wel wat en wanneer.Immuun bevordering is die gons woord van die tyd vir beide ouers en ook die gesondheidspersoneel.Mens moet net besef daar is niks fout met mens siek word nie , almal word van tyd tot tyd siek.

WAT KAN EK DOEN OM MY KIND SE IMMUUNSISTEEM TE VERBETER:

As ouers is daar soveel wat jy kan doen om hierdie bondeltjie van jou te beskerm en die beste moontlike potensiaal te laat bereik of voor te gee :

  • Om tydens swangerskap `n gesonde lewenstyl te lei kan reeds die baba beskerm teen ooreflike faktore wat effek op baba se gesondheid en immuniteit kan he
  • Vermy rook , alkohol, en alle ander dwelms terwyl jy swanger is.
  • Borsvoed so lank as wat jy kan en probeer mik vir die WGO (wereldgesondheids organisasie ) se riglyne , minstens ekslusief vir 6 maande en dan saam met vaste kos tot en met twee.
  • Sorg dat jy die baba asap aan die bors kry na die geboorte, moenie op skedule voer nie, en moet ook nie drinktyd beperk nie, daardeur verseker jy dat baba, al die kolostrum, die goue "magic", voorloper van borsmelk inkry, want dit begin reeds die boustene, wat die baba se immuniteitsisteem begin vorm.
  • Probeer om so min as moontlik medikasie vir jou baba te gee, onthou `n lae graadse koors is `n goeie ding want, dit beteken die liggaampie is besig om iets te beveg, en sodoende teenligaampies te produseer , dus wees versigtig met die pyn en koorsstropie mamma.
  • `n Ligte koors is nie net `n teken van virus of siekte ni,e maar ook die liggaam se manier om die mikrobes te vertraag
  • Verhoogde koors vernietig ook die mikrobes so spons baba eers af voor jy medikasie gee.
  • Moenie babas te vroeg begin vaste kos gee nie Die WGO en ESPGHAN stel voor dat 17 weke tot 6 maande `n goeie tyd is wag dus so lank as wat jy moontlik kan.
  • Verhoog jou baba se inname van vars groente en vrugte bo gebottelde kommersiele voedsels.
  • Moedig jou kind aan om skoon water te dirnk in plaas van gaskoeldranke en sappe.
  • Sorg dat babas en kinders gereeld in vars buitelug kom veral 10 min se sonskyn elke dag op mens verhoog jou absorpsie van vitamiene D essensieel vir goeie immuniteit.
  • Probeer om een tot een dagsorg te gebruik , nanny , au-pair, grootouers want dan is die kanse om siek te word verminder
  • Gee baie ekstra liefde en vel tot vel kontak omdat dit die algemene welstand verhoog en sodoende ook immuniteit bevorder.
  • Gee jou baba pro-biotika omdat `n flora wanbalansin die ingewande maklik die imuunsisteem kan beinvloed.
Om die bogenoemde maatreels te gebruik kan jy en jou gesin baie gesonder die winter wees. 

No comments:

Post a Comment