Saturday, May 29, 2010

Onthou om jou "babymoon" te beplan

Net soos die tradisionele "honeymoon" vir na die huwelik, beplan word, is ons veronderstel om ook ons "babymoon" na die geboorte te beplan. Daar moet onthou word, wat die tradisionele "honeymoon" se doel is. Dis eenvoudig, die nuut getroude paartjie moet mekaar op meer intieme vlak leer ken, dus beteken `n "babymoon" ,doodeenvoudig, dat die paartjie en hul nuwe baba, mekaar ook sal leer ken, `n baie nou intieme vlak.Hierdie is absolute tyd waar die nuwe ouers alle verwagtinge moet opsy sit ,die wereld in sy geheel uit sluit, en net op die baba fokus, totdat hul reg voel om ander mense in hierdie sirkel in te laat.

Dis `n tyd van mekaar opnuut leer ken as paartjie, met nuwe missie ouerskap, tyd om die baba te leer ken en om met die baba te bind. Die "babymoon is daar sodat die ouers ook leer, dat om paar te wees veel anders is as om gesin te wees, en die dinamika in hierdie verhouding verander geheel en al..Dis tyd wat ingeasem moet word, elke oomblik van verwondering oor elke nuans van die baba. Dit neem tyd om jou baba te bestudeer en jou op dieselfde golflengte as die klein mensie, in te stel. Hoe meer bedag jy op jou baba se klein behoeftetjies, en gedrag  is, hoe beter is die fondasie vir die weke , maande en jare wat daarop volg.Nie net is dit so belangrik vir die fondasie nie maar ook vir die baba se gevoel van sekuriteit en optimale geleentheid vir ontwikkeling.

Dr Grantley Dick Read het gese dat die baba net drie behoeftes het, en dis die teenwoordigheid van sy mamma,die kos van haar bors ,en die sekuriteit van haar arms ,en dis wat gedoen moet word in die "babymoon". Deur die baba soveel as moontlik te koester, en vel tot vel , te hou maak die oorgangs staduim van die uterus na die aarde, soveel gemakliker vir die pasgebore baba, veral ten opsigte van die sensoriese verskille tussen die uterus en die moeder se arms.

So vir die baba wat gekoester word, saam met sy liewe ouers en wat aan gesimuleerde uterus scenarios, blootgestel word bv "swaddling", "white noise"  en ritmiese bewegings, maak dit, dit soveel makliker vir die baba..Nie net is hierdie "babymoon" voordelig en gesond vir die baba nie ,maar ook vir die moeder wat se liggaam, moet terugkeer na haar voor-swangerskap staat, en daarom is dit voordelig om "babymoon " met net soveel omsigtigheid as die "honeymoon" beplan word.

Met al die veranderinge en stress wat nuwe baba en die geboorte teweegbring is dit net vir my so belangrik dat alle ouers moet besef ,dit maak die oorgang van vrou na mamma, en man na pappa, soveel makliker as ons dit net stadig neem ,en die belangrike tyd van mens se lewe indrink, en geniet want dit gaan nooit weer terug keer, en as dit verby is, is dit verby.Gaan sit bietjie, en oorweeg die voordele, en begin beplan aan jou "babamoon"!!!

No comments:

Post a Comment