Thursday, May 13, 2010

Die Gonswoord....die kleur.....die konsistensie....die baba

`n Verandering van die kleur, die samestelling en die gereeldheid kan die mees ervare mamma se mat onder haar voete uit trek, en soms ook die goeie pediater laat frons.Ergste van alles is dat voor jy mamma geword het, het die wat reeds was jou soooo geirriteeer as hul oor hul babas se stoelgange gesels het .Nou bestaan jou lewe uit het my baba geeet, het hy geburp, geslaap en het hy vandag gepooh.

Normaal is so maklike term, maar wat vir my normaal is is nie noodwendig normaal vir jou baba nie, en daar is soveel kleure en samestellings.Ons behoort ook nie verras te wees oor die groot verskeidenheid van kleure en soorte en is dit maar soos in enige ander ouderdomsgroep. Borsvoed babas se stoelgange mag ook verskil en reageer op die moeder se dieet.Veral as die baba geringe sensitiwiteit ten opsigte van daardie voedselsoort het.

KLEWERIGE TAAI TEERAGTIGE SWART DONKERGROEN.

Dis mekonuim die eerste paar stoelgange na die pienkvoet se geboorte. Dit is ook al die afvalstowwe van die harde werk, om hierdie nuwe baba te vorm, en te koester in die uterus. Dis die stoelgange wat die baba ,se kolon en ingewande skoon maak na geboorte. En dit kleef verwoerd aan alles waamee dit in kontak kom.

GROEN GEEL BRUIN SADERIG "GRAINY"

Hierdie is die transisie stoelgange van die mekonuim fase, na die gewone borsmelk stoelgange en begin gewoonlik op dag 3 tot 4 ,sodra die kolostrum oorgaan in die gewone melk .Daar mag van een kredietkaart grote, of blerts ,of massiewe plofpoef wees. Babas mag van 1 in 24, tot in 7-8 per dag, produseer nogal taxing vir jou begroting veral as dit net nat blertse is. Nou en dan mag daar dag wees ,dat daar geen nommer twee is, en hoewel die gesegde is dat sewe in een dag, en een in sewe dae, normaal is wil ons graag he dat baba minstens elke dag, `n poef het in die eerste 2 weke, indien nie ,maak kontak met jou sorggewer en gesels met haar oor die toestand van jou baba.

LIGTE GEEL GRASGROEN, LOPERIGE LOS "CURDY" MOSTERDERIG, SADERIG , ROMERIG

Is almal normale borsvoed stoelgange en word beskryf as kerrie romerig, melkerig, youghurterig en vele ander naamwoorde word toegeskryf aan die borsmelk.Sjoe die beskrywings vir die reuk is legio.Maar dis baie neutrale reuk.

GEREELDE WATERIGE STOELGANGE GROENER AS GEWOONLIK.
Hierdie term beskryf die diarree vir die borsmelk baba, dit mag die gevolg wees van virus, maaginfeksie, stress, angstigheid, of voedsel sensitiwiteit

HARDE KNIKKERGROOTE BOLLETJIE MET BIETJIE SLYMERIGHEID OF BLOEDERIGHEID
Dis die beskrywing van hardlywigheid in die baba en baie baie raar inteendeel ek het dit nog nooit in borsbaba teegekom nie.Mag dalk die gevolg van voedsel allergie wees.Formula babas kry die toestand baie en neem dit heelwat balansering van verskeie faktore om dit te normaliseer.

SWART STOELGANGE en hardlywigheid
Hierdie beskrywing is merendeels die produk van ysteraanvulling, hetsy dit tesame vitamien aanvulliings, of formula met eksta yster gaan .Borsbabas het nie eksta yster nodig nie Die yster in borsmelk is baie meer biobeskikbaar as enige ander vorm van yster.

ROOI GEVLEKTE STOELGANGE

Dis gewoonlik die gevolg van intestinale en rektale bloeding, Merendeels die gevolg van anale fissure , of klein skeurtjies by anus. Mag ook die direkte gevolg wees van iets wat die mamma eet. Eliminasie van alle suiwel, is die eerste ding wat behoort gedoen te word, om vas te stel of dit dalk die oorsaak is.Steeds is dit `n  bron van kommer veral as dit soos rooi jellie lyk kontak jou gesondheidswerker sonder verwyl.

GROEN SKUIMERIGE STOELGANGE

Mag die gevolg wees van voor/agter melk wanbalans.Ware wanbalans is raa,r en kontak laktasie konsultant om te help met voedings advies, en posisies

Stoelgange die kleur, die geur, die samestelling en inhoud sal altyd opduik, waar daar mamma of twee is, en daar moet onthou word, dat alles rede het ,ons net moet soek om uit te vind wat hierdie oorsaak is. En nie alles is noodwendig verkeerd ,of sleg maar as jy wonder kontak jou gesondheidswerker sodat jy vrede kan he

No comments:

Post a Comment