Sunday, May 9, 2010

38 weke of 40 weke?????die verskil

Hierdie artikel is vir almal wat daaraan dink om hul babas se geboorte te skeduleer dmv keiser of induksie.mediese kenners kom nou almal tot die slotsom dat dit probleme veroorsaakvir beide die moeder en baba.AS DIT ENIGSINS MOONTLIK IS IS DIT DIE BESTE OM 39 tot 40 WEKE SWANGER te wees

Daar is so veel belangrike ontwikkelinge in die laaste paar weke van die swangerskap bv. die brein en longe groei steeds.`n Baba se brein op 35 weke weeg net 2/3 van wat hy op 39 tot 40 weke weeg.Partykeer het mens nie keuse want dis beter vir of die baba of die moeder se gesondheid dat die baba vroeer gebore moet word, maar indien jy enigsins keuse het wag tot ten minste 39 weke..

Hoekom 39 weke?
  • belangrike organe soos brein,longe, en lewer het genoeg tyd om ten volle te ontwikkel.
  • Die baba het kleiner kans om sig en gehoorprobleme te he
  • Gemnoeg tyd om gewig oop te tel ,babas wat goeie gewig het met geboorte sukkel nie met hul temperatuur en bloedsuiker net na geboorte nie
  • Babas suig en sluk beter en bly lank genoeg wakker om te eet as hul voor 39 weke gebore word mag hul daarmee sukkel
Hoekom kan die skedulering voor 39 weke problematies wees?
  • Jou verwagte datum mag dalk nie 100% reg wees nie 
  • Induksie mag dalk faal en dan moet jy keiser kry
  • Babas gebore met keisers het meer asemhalingsprobleme asook ander mediese probleme.
  • Keisers mag probleme in opvolgende swangerskappe veroorsaak.
  • Hoe meer keisers hoe meer probleme met die inplanting van die plasenta
  • Keiser bly steeds "major surgery" en het potensiele risikovir infeksies.
So dink asb twee keer voor jy besluit op die skedulering van jou baba se geboorte.

No comments:

Post a Comment