Tuesday, May 18, 2010

Foliensuur is dit regtig so nodig??

Vir die ontwikkeling van gesonde fetus is foliensuur onotbeerlik aangesien dit aansienlike vermindering in neuraalbuisdefekte soos spina bifida het. Foliensuur staan ook bekend as vitamien B9, vroue kan ongelooflik baie doen deur net hul eetgewoontes en die aanvullings wat hul neem in ag te neem.

 
Bronne van Foliensuur

 
Dit word aanbeveel dat alle vroue wat konsepsie beplan of net moontlik in gedagte het , ekstra foliensuur in neem.Verskeie bronne beveel aan dat dit tot minstens 12 weke van die swangerskap te neem aangesien dit die tyd is wanneer die spinale koord ontwikkel.Die normale aanbevole dosis is 50mcg as daaglikse behoefte en tydens swangerskap styg dit na 100 tot 150mcg per dag.

 
Maar mens hoef nie net op tablette staat te maak vir die foliensuur nie foliens suur of folic acid' kom ook voor in groen, blaargroentes,sekere ontbyt grane, vrugte, seker orgaan vleis en sekere brode .Dis baie belangrik om die etikette te lees en meer so as mens swanger is.Ongelukkig is daar geen manier hoe mens genoeg foliensuur deur kos kan opneem nie ,en moet jy dus maar die pilletjie sluk, gelukkig is dit `n klein pilletjie.

Sekere vroue het groter risiko om baba met neuraalbuisdefek te he en dit is:
  • Vroue wat reeds `n kind met neuraalbuis defek gehad het
  • Vroue op anti-epileptiese medikasie
  • Jy of jou maat neuraal buis defek het.
  • Jy Coeliac se siekte het ,dis siekte veroorsaak deur sensitiwiteit vir gluten.
  • jy diabeet is
Ek hoop hiermee het ek jou begeester en gemotiveer om daardie klein verspot goedkoop pilletjie elke dag te neem.

No comments:

Post a Comment