Wednesday, May 19, 2010

Minister wil alle formule baba melk verban

Borsvoeding is nie die beste nie en formule babamelk is nie die tweede beste nie nee borsvoeding is normaal en formulemelk is die beste alternatief vir babas .Die WGO of wereldgesondheids  organisasie beveel aand dat alle moeders eksklusief te borsvoed vir minstens 6 maande en aan te hou met borsvoeding tot hul babas twee jaar oud is.Ek onderskryf dit ten volle veral in ideale wereld maar ons lewe nie in ideale wereld nie.Om formule baba melk te wil verban is eensydig en heeltemal onverantwoordelik.

Baie min vroue kan nie borsvoed nie maar daar is sekere vroue wat nie kan borsvoed nie weens verskeie redes nl.
  • Vroue wat bilaterale mastektomie gehad het
  • Vroue wat HTLV1 virus het
  • Vroue wat sekere chemoterapie ontvang
  • Vroue wat verslaaf is aan sekere dwelms
Dan moet mens ook in ag neem dat dit nie so maklik is vir mammas wat babas aaneem en mammas wat hul babas deur surrogaatskap verkry,en dis elke vrou se konstitusionele reg om te besluit dat hul wil borsvoed of nie.In die hedendaagse ekonomiese toestand gaan baie vroue baie gou na geboorte terug werk toe en wil die babas nie altyd die bors meer he nadat hul gewoond raak aan die bottel nie.Ja vroue kan uitmelk maar SA het geen wetgewing om vir hierdie vroue te help om tye soos teetyd en rooktyd te he waar hul kan uitmelk en dan ook fasiliteite om die melk te berg.Ja om vroue te kan help om borsmelk langer aan hul babas te voorsien sal soveel beter wees as om formulemelk te verban.

Vroue moet gehelp word om te borsvoed en hul het ondersteuning nodig ,daar moet seker gemaak woed dat vroue genoegsame kennis kry en die verpleegpersoneel in kraamhospitale moet opleiding kry oor vel tot vel ,biological nurturing ,en al die verskillende latches,en die werklikhede van borsvoeding.

Ek glo borsvoeding is normaal , formula is die beste alternatief en gemeenskappe borrsvoed maar daar is definitief plek vir formulevoeding want...ons woon nie in ideale wereld maar alle vroue het nodig om te leer wat die risikos van formulavoeding is en dat babas op die bors hul heel beste potensiaal bereik .
 

1 comment: