Wednesday, October 21, 2009

Al die vrae en al die keuses

Jou opsies om hierdie nuwe baba in die lewe te bring is soveel meer as paar jaar terug.Daar is deesdae soveel meer rolspelers in die proses .Weet jy wat is die verskillende rolspelers se doel en funksie,wie gaan jou sorggewer wees waarvoor soek jy, waar gaan jy kraam ,wanneer begin jy wie sie .En tot nou het jy net gedink watter kleur om die babakamer te verf is een van die keuses wat jy moet maak.Keuses watter eenvoudige woord met so groot betekenis.

Want elke keuse wat jy maak het `n invloed op jou baba se geboortedag.Dus is keuses in swangerskap nie sommer net daardie mog het troffe besluit nie. Jou keuses moet weldeurdagte, nagevorsde keuses wees, en jy behoort al die inligting te kry, voor jy keuse maak.Die keuse wat jy maak, moet ook nie die tipe keuse wees, want jou vriendin het so gese nie ,nee jy moet dit eers nagaan, en seker maak dat dit die waarheid is, en dat dit juis is wat jy wil ervaar.

Die belangrikste keuse is wie gaan jou sorggewer wees? Gaan jy na `n ginekoloog vir jou baba se geboorte, of gaan jy na jou algemene praktisyn wat jy jare ken. Wil jy eerder vroedvrou kry wat jou gaan help, of wil jy dalk by die huis kraam. Watter hospitaal , die plaaslike naaste een, of die meer "glamorous" een verder weg. Waar gaan jy vir jou voorgeboorteklasse , wanneer gaan jy daarmee begin ,wat moet jy weet , gaan jy daarvoor gaan, of gaan jy sommer op internet lees .Gaan jy borsvoed , moet jy na `n laktasie konsultant gaan vir advies.Het jy besluit oor `n doula? Wat dek jou mediese fonds, hoeveel het jy in jou spaarplan , waaruit kom die uitgawes, is dit dag tot dag, of het jou mediese fond spesiale kraamvoordele.

Wat gebeur by jou werk , wat is hul swangerskap , kraam en borsvoed beleid, wat is jou kraamvoordele , hoe lank kry jy betaalde verlof . Hoeveel sonars gaan jy mag jy kry,wat is die verskuilde onkostes.Watter bloedtoetse is van uiterste belang, en moet jy voor gaan. Watter voedingsaanvullings, is nodig vir optimum gesondheid vir jou en jou baba.

Wenk: Begin nou al rondvra ,en maak lysie, nie in jou kop nie, maar erens waar jy elke dag toegang het , wat is "nice to have ", maar nie broodnodig, watter "gadgets" is doodnodig, en waarop mors jy net jou geld. Vra elke mamma met baba wat jy teekom, sodoende gaan jy vir jouself ,baie geld en moeite spaar , want is dit werklik die moeite werd ,dat jy R450 betaal vir iets wat jy dalk net 2 weke of 2 keer gaan gebruik .

As jy nou begin wonder oor al die vrae, hou hierdie spasie dop, en ek gaan elke vraag, se voor en nadele vir jul gee, om ingeligte besluite te kan neem.

1 comment:

  1. Ek is 8weke swanger maar bekomert oor my nael wat nat bly

    ReplyDelete