Tuesday, October 20, 2009

Keuses, intervensies en doulas

Sjoe dan wonder mens hoekom het vroue vandag al die keuses.Soos iemand tereg kommentaar lewer, en se in haar dae was daar nie sulke keuses, jy moes maar alleen die ding doen, met g`n stuk man wat jou hand kon vashou en kon bystaan.My persoonlike opinie is ja dit was erger, moontlik want ons weet nou wat se geweldige rol speel die vader, en ondersteunings persoon, maar toe was daar minder mediese ingrepe of intervensies. As ons die minder intervensies kan kry met die man wat sy rol ,volstaan hoera die wenresep.

Ongelukkig weet ons dat intervensies meesal `n domino effek het, begin met kunsmatige ruptuur van die vliese( of breek die watersak ), en volgens die cochrane databasis ,verkort dit die kraam met 15 minute, maar dit het meer intenser kontraksie tot gevolg. Daarna volg die vaginale toediening van prostaglandiene gel,om die kontraksies te laat begin, of meer effektief te maak.Dan volg die intraveneuse toediening van medikasie om die kontraksies sterker te maak omdat die ruptuur en die gel nie gewerk het nie.Die meer intenser pyn het ook effek op moeder en baba, en daarom mag sy pynmedikasie benodig, wat dan weer die baba affekteer. Ja dit gaan wel deur die plasentale skans.Die baba gaan in fetale nood, en die moeder ontsluit nie as gevolg van die intense pyn, en haar angstigheid ,en nood keiser is die gevolg. Baba land in NICU ,want hy het asemhalingsprobleme, of lae apgar, geen aandag word gegee aan vel tot vel kontak .Bosvoeding word nie geinisieer nie, en ons sit met `n traumatiese ervaring.

Ek stem saam, dis nie hoe dit altyd gebeur nie, maar dis wat ons die meeste in praktyk sien.Wie se skuld is dit vra almal. Ek blameer die samelewing. Sjoe watter aantuiging ,dis bietjie sterk gestel.Ons lewe in `n tyd van kits bevrediging ,alles moet vinig geskied en op ons tyd! Ons doen na-ure banksake , betaal met kaarte, maak enige tyd oproepe ,en dieselfde syfer deur na die kraamproses. Ek wil dit nou ervaar en dit moet chop - chop wees. Kraam en geduld gaan hand aan hand. ,En o wee wie het geduld in die swangerskap. Die baba sal op sy tyd kom wanneer die Liewe Vader bepaal het,nie dag te vroeg of dag te laat .Babas kom as hul klaar gebak is. Ja en daar is uitsonderinge, so moenie jouself begin slaan nie,, baie babas leef vandag net as gevolg van kniewerk van ouers en familie, en die mediese wetenskap

Maar ek glo dat ons meer geduld het, en ons vroue beter ingelig word, en hul liggame vertrou en weet hoe dit werk ,ons beter en meer positiewe kraamervaringe sal ervaar ,en ons meer geduld sal aanleer.Wat ons weer so broodnodig het vir die babatyd.

Weereens besef ek dat vroue voor berei moet word, om te kraam en dat hul ,hul minder aan die media en sepies se kraamprosesse moet steur .Wanneer mens al die voor en nadele navors, en jy dan jou besluit maak, hetsy dit watergeboorte, tuisgeboorte, elektiewe keiser is, is dit die regte manier ,hoe om jou baba in die lewe te bring ,vir jou en jou situasie.Daarom wil ek alle vroue, so vroeg as moontlik in swangerskap aanraai ,begin by klasse want klasse het interaksie.Die interaksie laat jou toe om nuwe vrae te stel ,nuwe idees te kry, sodat jy jouself kan voorberei geestelik , fisies en psigies. Niemand gaan doen die comrades sonder deeglike voorbereiding, nou waarom sal jy met so belangrike okkassie, in jou lewe net wil instap en hoop vir die beste.

No comments:

Post a Comment