Monday, October 19, 2009

Beplan jy `n baba???

Beplan jy dalk om daardie besluit te neem, dink jy dalk dat dit `n goeie tyd is om jou gesin te vergroot, het jy die laaste keer toe jy jou pilletjie gesluk het, gewonder of jy dalk nou daardie pilletjie moet los.Wel as jy op enige van die bogenoemde positief kan antwoord dan is hierdie plekkie net vir jou.

Hoekom sal jy vra? Want elke swangerskap en geboorte is `n reis,`n unieke reis, en hierdie reis, voel soos reis in die onbekende in. Inderdaad is dit `n reis in die onbekende, maar die bestemming is ouerskap. Watter wonderlike vervullende bestemming is dit nie .Daardie sagte handjie op jou bors ,daardie regte egte baba asempie,daardie groot ogies wat die liefdestaal met mamma praat.....!

Wanneer mens begin dink aan babas. wil ek net een iets duidelik stel babas is nie gom wat verhoudingsprobleme plak ,en soos mis voor die son laat verdwyn nie inteendeel babas , sit meer stres op verhoudings want babas het die snaakse manier om aandag en sorg vier en twintig uur per dag nodig het.

Babas is klein engeltjies uit die hemel, en soos hul op aarde woon,, word hul vlerkies korter,watter geliefkoosde uitdrukking.Wat nie werklik so is nie babas het hul mammas nodig soveel en so gou as moontlik na geboorte ,babas moet gekoester word, hul moet gevoed word ,hul moet beskerm word en hul moet geniet word.

Vandag is dit so moeilik of maklik, want daar is so baie nuwe nagevorsde feite, en mammas besef dikwels nie hoe belangrik is dit, dat hul moet weet van hierdie kennis ,want dan weet mens jy is deel van die hele proses. Hoe meer jy weet hoe beter gaan dit, hoe meer jy jou voorberei hoe makliker is dit om goeie ouer te wees ,en daar is so baie wat jy reeds nou voor konsepsie kan doen, om te verseker dat jy jou allerbeste vir jou baba gaan gee.

En terwyl jy nou nog net dink aan moontlik beplan, wil ek jou vra om solank folien suur tablettjies te gaan koop, en hul pligsgetrou te begin drink, want die navorsing oor hierdie klein goedkoop geel pilletjie is fenomenaal.

En begin dink aan al die moontlikhede ,hoe om jou baba te kry,dink aan watergeboortes, keisersnitte, epidurale, vroedvrouens, doulas,episiotomies, kegels en wonderlike sagte babalyfies ....!

No comments:

Post a Comment