Wednesday, October 21, 2009

Shaken Baby Syndrome

Alle vroue wat reeds babas het sal weet waarvan ek praat, in die dag wanneer almal wakker is, kan mens nie glo dat hierdie liefdevolle bloedjie van jou, so monstertjie in die nag kan wees nie. Dit bly vir die meeste van ons egter moeilik om ons te kan indink dat enige ouer, hul baba so hard sal skud of op die grond neer gooi. Daar word geraam dat daar omtrent 50 ooo gevalle van 'Shaken baby syndrome' voorkom en dat daar so 2000 sterftes per jaar voorkom. Die meeste gevalle, is tussen die ouderdom van drie maande en agt maande.Wanneer die baba se nekkie nog ondersteuning nodig het, kan die gweldadige ruk, of skud druk wat bloedvate laat bars, senuwees beskadig, en swelling van die brein veroorsaak. Hierdie kan dan breinskade veroorsaak ,verlies aan visie en in 25% gevalle die dood.

Hoekom gebeur dit?

Meeste mense dink dit gebeur net een keer, maar in realiteit wanneer dit ontdek word het dit reeds paar maal gebeur.

Risiko faktore is baie en paar van die faktore is :
  • Stres en spanning
  • Verlies aan slaap
  • Isolasie
  • Gevoel van Hulpeloosheid
  • Frustrasie
  • Woede
  • Paniekerigheid

Navorsing het ook bewys dat die insidensie, en patroon van SBS, die normale huil kurwe van die baba mimiek ,waar bewys is dat baba stelselmatig,meer huil van drie weke, en piek by die ses tot agt weke ouderdom ,en verminder rondom drie tot ses maande.Die oortreder is gewoonlik volgens die navorsing, die sorgewer van die baba, en in 65 tot 90% van die gevalle, die vader of die moeder se minnaar.

Navorsing gedoen in die Verenigde Konigkryk, wys dat die manne, gewoonlik onverwagte verwagtinge het, en lae toleransie vlakke vir normale baba gedrag het.

Simptome van hierdie SBS in die ongevalle is gewoonlik:

  • Braking
  • Lusteloosheid
  • "Fussiness"
  • Afweisgheid van gevoel van algemene welsyn
  • Dowwe ogies
  • Huilerigheid

Die antwoord ,om dit te voorkom is deur die ouers te bemagtig, met verskeie tegnieke om goeie interaksie en kennis van hierdie kleinding het . Dinge soos babamassering, Dunstan baby Language, Hoe om die baba se sones te verstaan,die verskillende slaap tipes te ken, om jou nuwe baba se gedrag te verstaan,en om baba se leidrade van honger moeg en gefrustreed te verstaan

No comments:

Post a Comment