Sunday, May 23, 2010

Borsvoeding is nie die beste nie, formulemelk nie die tweede beste nie en dis nie vroue wat borsvoed nie!!!!

Vir jare lank is almal geindoktrineer dat borsvoed die beste is en dat formule melk die tweede beste is en dat vrouens borsvoed , toe kom dr Gribble en Prof Jim Akre en hy bars ons borrel.....Nee bosmelk is die normale voeding want elke spesie het nodig om hul eie melk te kry want dis spesie spesifiek en aangepas om aan spesie spesifieke eienskappe te voldoen .Formule voeding is die 4de beste alternatief na borsmelk en vyfde kom ande soogdier melke soos bv nie aangepaste heel beesmelk.Vrouens borsvoed nie want as hul nie die ondersteuning van die gemeenskap om hul het nie dan werk borsvoeding nie uit nie.
Hoeveel van julle gaan vir die beste Paryse fyn onderklere , of die beste nuutste modernste klere ....gewoonlik nie want ons moet dit koop wat in ons begroting is en dis gewoonlik nie die beste maar net goed genoeg.Ons lewe in kultuur waar alles net goedgenoeg is wat nie sleg is nie inteendeel nie ons is ook nie supermammas nie ons hoef nie te wees nie ons is net goed genoeg probeer die beste mamma wat jy kan wees wees.

Ongelukkig is borsvoeding nie die beste nie dis die normale voeding vir die mens baba.Vrouens borsvoed al vir de laaste om en by alf miljoen jaar en formulevoeding is nog net so vir plus minus die laaste 60 jaar deel van mensbabas se lewe en sien oons nou die gevaarlike newe-effekte vir ons mens.

Formula gevoede babas het
  •  twee maal die risiko dat babas nie die eerste paar weke oorleef nie,
  • vyf keer meer die risiko om gastro te kry,
  • twee maal meer die risiko om ekseem en asma te kry
  • en `n erge agt keer meer rrisiko om limfatiese kanker te kry inderdaad ` baie negatiewe prentjie nie waar nie
  • vyf maal groter risiko om in die eerste jaar gehospitaliseer word vir verskeie siektes
  • groter kans om tipe 1 diabetes op te doen want formule voeding het geen insulien wat wel in moedersmelk voorkom en noodsaaklik is vir die volwassewording van die onvolwasse spysverteringsisteem van die baba
  • groter kanse om hipertensief te word
  • om hoe cholestral te ontwikkel
  • wie van julle weet dat die vroee spening van die baba lei tot die verhoging van borskanker en heupfrakutre van die mamma
  • tipe 2 diabetes en hartaanvalle kan kry
  • ontwikkel nie hul volle potensiaal omdat formula nie taurine en dha bevat wat help om breingroei te ontwikkel nie
Dit klink skrikwekkend nie waar maar ja ongelukkig is dit presies die waarheid maar wat formule is tweede beste as die borsvoeding nie werk nie dan doen ons maar formula.Maar in ons harte moet ons net weer mooi dink en dalk die risikos opweeg en onthou meeste van die negatiewes is nie dadelik te bespeur nie

4 comments:

  1. nog altyd geweet borsvoed bly maar dit wat ek moe doen

    ReplyDelete
  2. ek veol jamer vir mammas wat nie KAN borsvoed nie

    ReplyDelete
  3. net 2% mammas kan nie die res kan kry net nie die hulp nie of is hul keuse dis hul eie konstitusionele reg om nie te wil bosvoed maar ons moet vir hul ook inligting gee sodat hul ingeligte besluite kan maak

    ReplyDelete
  4. Hier is 'n goeie webwerf vir borsvoeding in Afrikaans, gaan kyk dit uit: www.borsvoeding.co.za

    ReplyDelete